Parys teen die span van Bultfontein tydens verlede week se kragmeting. Foto: Liezl Scheepers
Parys-rugbyklub het Donderdagaand na ‘n taai stryd op Hoërskool Parys se rugbyveld die oorhand gekry oor die span van Bultfontein met ‘n wentelling van 26-24 in die tuisspan se guns.
Marx Steenkamp, Robbie Petzer en JM du Plooy (x2) het vir Parys punte op die telbord gesit met drieë, terwyl Gerhard Greyling geslaag het met drie doelskoppe.
Spelers van die wedstryd was Marx Steenkamp en JM du Plooy.
Parys teen die span van Bultfontein in Donderdagaand se kragmeting. Foto’s: Liezl Scheepers
Parys sal op 24 April teen die span van Hennenman te staan kom. Die wedstryd is op Hoërskool Parys se tuisveld en skop af om 20:00
Hekke open reeds om 18:30 en toegang kos R10 per persoon. Ondersteuners is welkom om gasbraaiers en koelbokse te bring. Daar sal ook ‘n snoepwinkel en kosstalletjies beskikbaar wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.