Local newsNews

Parys-muurbalspelers wys hul staal teen land se bestes

Die klub se talentvolle spelers staan behoorlik uit.

Parys-muurbalklub spelers het die afgelope naweek teen die room van die land se muurbalspelers meegeding in die SA Junior Top 16 Geslote kampioenskappe wat in Parkview, Johannesburg gehou is. Slegs die top agt Suid-Afrikaanse muurbalspelers in elke ouderdomsgroep van die Noord en Suid Ope-toernooie is genooi na die Top 16 kragmeting.

Jasmaine en Dahlia Rust. Foto: Versskaf
Jasmaine en Dahlia Rust. Foto: Verskaf
Duvan du Toit saam met Lexi Cilliers en Mieke Prinsloo. Foto: Liezl Scheepers
Duvan du Toit saam met Lexi Cilliers en Micke Prinsloo. Foto: Liezl Scheepers

Beide Duvan du Toit en Micke Prinsloo het na afloop van die SA-toernooi gespog met vyfde plekke in hul onderskeie o.13 afdelings, terwyl Dahlia Rust en Lexi Cilliers elk ‘n 14de plek in die o.15 en o13 afdelings ingepalm het. Jasmaine Rust het die kroon gespan met brons in die o17 afdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button