Local newsNews

Slagting op paaie: 18 sterf in botsings

Wees waaksaam wanneer jy op die pad gaan en handhaaf spoedgrense en volgafstande.

18 Mense het gesterf in vier afsonderlike botsings verlede week op paaie in die Vrystaat en Gauteng.

Donderdag 29 Mei is nege mense dood na ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n minibustaxi. Die ongeluk het by die vierrigtingkruising op die R500 (Fochville-pad) by die Potchefstroom/Lindequesdrift-kruising gebeur.


Van die oorledenes is agt op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n negende persoon later in die hospitaal gesterf het. Die oorledenes was ‘n 10-jarige meisie, ‘n vrou en sewe mans. Die minibustaxi was met 16 passasiers van Fochville na Parys onderweg toe die botsing gebeur het.


Sondagmiddag het ‘n motorfietsryer gesterf na ‘n botsing tussen twee motors en die motorfiets op die R57 sowat 10km buite Heilbron.


Enkele ure later het al vier insittendes van ‘n minibus-taxi gesterf na ‘n botsing met ‘n Ford Ranger bakkie met agt insittendes. Die botsing was op die N1 sowat 17km noord van Kroonstad in die Heuningspruit-omgewing. Die taxi het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.
Beseerde insittendes van die bakkie is na nabygeleë hospitale vervoer.


Die bestuurder van die bakkie het egter later in die Boitumelo-hospitaal aan sy beserings beswyk.
Maandagoggend het twee vroue in die vroeë oggendure op die N1 sowat 20km buite Kroonstad in die rigting van Ventersburg in ‘n botsing tussen twee voertuie gesterf. ‘n Verkeersbeampte wat ook ‘n insittende in een van die voertuie was, is later in die Boitumel-hospitaal dood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button