Hospitaal- en Mica-personeel maak saam ‘n verskil
Die omgee van hierdie personeel het werklik 'n verskil gemaak in die gemeenskap van Parys.
Personeel van Parys Distrik-hospitaal se omgee is die naweek gesien toe daar self moue opgerol is om die Ongevalle-afdeling se mure en plafonne te verf.
Die personeel vertel dat hulle graag weer die Ongevalle-afdeling netjies en mooi wou maak vir pasiënte, en is by Mica Parys aangeklop vir hulp met die verf.
Die personeel se geesdrif was so aansteeklik dat Mica Parys nie net gehelp het met wat nodig was nie, maar self ook na werk kom hand bysit het met die verwery. So het vele hande ligte werk gemaak.


Die projek is gekoördineer deur Desmond Radebe, Gesondheid- en Veiligheidsbeampte by Parys Distrik-hospitaal, en Mitchell Gilliland.

Terwyl Ongevalle die naweek geverf is, is selfs voorsiening gemaak dat Ongevalle pasiënte steeds by ‘n ander deel van die hospitaal gehelp kon word.







