Local newsNews

Dis finaal vir Parys na segetog op die rugbyveld

Die liga-finaal word op 25 Julie beslis.

Vandag se skitter vertoning op die rugbyveld het Hoërskool Parys se plek geboek in die finaal van die Valke Afdeling 4-liga.

Die oorwinningstafel is vroegoggend reeds vir Parys gedek toe die o15s Panorama verslaan het met ‘n weghol wen van 67-12.

Daarna het ook die o14’s hul wedstryd teen Panorama gewen met ‘n telling van 32-0 in Parys se guns, en was die eerste span se oorwinning oor Alberton High vanmiddag, die spreekwoordelike kersie op die koek vir ‘n dag wat die vreugdevure hoog laat brand het vir Parys. Die eerste span se eindtelling was 31-7 in Parys se guns.

Die o15's se Lohan Viljoen met die bal tydens vandag se semi-finale kragmeting teen Panorama. Foto: Verskaf
Die o15’s se Lohan Viljoen met die bal tydens vandag se semi-finale kragmeting teen Panorama. Foto: Verskaf
PC Steyn sit punte op die telbord vir Parys. Foto: Verskaf
PC Steyn sit punte op die telbord vir Parys. Foto: Verskaf

Die finaal word op 25 Julie beslis.

Parys se eerste span sal teen Alberton High te staan kom. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button