Local newsNews

Registrasienaweek gemis – daar is nog ‘n kans vir kiesers

'n Tweede registrasienaweek sal op 1 en 2 Augustus landwyd gehou word.

Naby aan drie miljoen stemgeregtigde kiesers het die afgelope naweek landwyd geregistreer. of hul besonderhede vir die kieslys opdateer tydens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se registrasienaweek.

Die OVK het intussen bevestig dat ‘n tweede registrasienaweek gehou sal word op 1 en 2 Augustus voordat stemgeregtigde kiesers op 4 November na die stembus sal gaan.

Stemlokale was landwyd die naweek oop vir registrasienaweek. Foto: Liezl Scheepers
Stemlokale was landwyd die naweek oop vir registrasienaweek. Foto: Liezl Scheepers

Onthou dat jy enige tyd ook aanlyn kan registreer by die OVK se amptelike aanlyn portaal – https://zurl.co/mqn1f

Belangrike feite

  • Met ‘n munisipale verkiesing kan jy slegs stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.
  • As jy nie geregistreer is nie, sal jy nie kan stem in die komende munisipale verkiesing nie.

Hoe kan jy seker maak of jy geregistreer is

  • registertovote.elections.org.za,
  • jou plaaslike OVK-kantoor gedurende kantoorure
  • die OVK se webtuiste by www.elections.org.za
  • of SMS jou ID-nommer na 31810

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button