Local newsNews

N1 busongeluk: Dodetal styg

Die pad was gisteraand vir etlike ure gesluit en duur die ondersoek van forensiese deskundiges voort.

Die dodetal van Donderdagaand 30 Julie se busongeluk op die N1-hoofweg noord van Trompsburg in die Vrystaat, het intussen gestyg tot 12.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat, was die bus van Kaapstad na Zimbabwe onderweg toe dit omgeslaan het. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekendgemaak nie.

Mvambi sê 66 pasiënte is per ambulans van die toneel vervoer waarvan 65 na die Albert Nzulu hospitaal geneem is, en 1 na die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal.

Van die pasiënte het 57 minder ernstige beserings, vier is kritiek beseer en vyf is ernstig beseer.

Onder die oorledenes is ook vyf kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button