Taai stryd wag vandag vir Parys in Noordvaal semi-finaal
Na vandag sal bepaal word watter spanne in die finale wedstryd sal kragte meet.
Dit is maak of breek vir die o15 en eerste rugbyspan van Hoërskool Parys wat vandag, Saterdag, 8 Augustus, teen Hoërskool Bekker in die semi-finale kragmeting vir vanjaar se Virseker Noordvaal-beker (Afdeling 4) speel.
Die wedstryde word op Hoërskool Bekker se tuisveld in Magaliesburg beslis. Die o15’s speel om 09:00 en die eerste span sal 10:00 op die veld draf.

Tydens verlede naweek se kwartfinaal het Parys se o15’s die span van Schoonspruit oortuigend gewen met ‘n telling van 38-19 in Parys se guns. Parys se eerste span het ook hul segetog voortgesit en Schoonspruit verslaan met 51-0 op die telbord in Parys se guns. Parys se o14’s het egter hul wedstryd verloor met 57-8.



