Local newsNews
Twee Parys-spanne wys by Steelcrest hul staal in Noordvaal-finaal
Parys het na 'n dubbele oorwinning oor Hoërskool Bekker, sy plek in die finaal virseker.
Beide Hoërskool Parys se o15 en eerste rugbyspanne speel Saterdag in die finaal van die Virseker Noordvaalbeker. Die o15’s sal om 10:00 teen Reddam uitdraf, en Parys se eerste span teen Steelcrest om 12:30.
Beide wedstryde word by Steelcrest in Middelburg beslis.
Dit volg nadat Parys op 8 Augustus geseëvier het oor die spanne van Hoërskool Bekker. Parys se o15’s het Hoërskool Bekker verslaan met ‘n eindtelling van 27-13. Die eerstespan-wedstryd is deur Parys gewen met ‘n telling van 25-22. ‘n Trotse prestasie vir Parys.


s
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



