Dinamiese VLU-vroue gesels oor aktuele onderwerpe, leer nuwe vaardighede
Gaste is ook welkom by die maandelikse VLU-byeenkomste.
Parys se VLU dames kom Dinsdag 8 September bymekaar vir die maandelikse byeenkoms. Met hul vorige byeenkoms op 4 Augustus het Gerda Roux kom gesels oor Koepel Bakkery wat reeds twee dekades in Parys gevestig is. Hul gebak word wyd versprei ook na naburige dorpe.
Laura Greyling het op haar beurt ‘n demonstrasie gehad vir die maak van roomspray Elke dame het daarna die geleentheid gehad om haar eie sproei te maak.


Word deel van hierdie dinamiese groep vroue
Moenie die interaksie tussen dié dinamiese groep VLU vroue misloop nie. Met elke byeenkoms word gesels oor aktuele onderwerpe, vaardighede geleer en kennis uitgeruil.
Vir meer inligting oor die byeenkomste of oor hoe jy deel kan word van die plaaslike VLU, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.
Onthou jy hoef nie lid van die VLU te wees om die byeenkomste te kan bywoon nie. Gaste is welkom by die byeenkomste.



