10-10 Caputures: Kreatiwiteit in die oomblik op foto’s gedeel
Die groep is oop vir enigeen om Maandae tot Saterdae om 10:00 jou foto van wat jy in daardie oomblik voor jou sien met ander te deel.
Parys Gazette het in Augustus die 10-10 Captures inisiatief geloods waarmee mense elke dag om 10:00 dit wat hul voor hul sien in daardie oomblik met ander op ‘n WhatsApp-groep deel. Sedertdien het dié daaglikse foto’s wat gedeel word, vir baie een van die hoogtepunte van die dag geword. In die woorde van een van die groeplede, Marisa Louw: “Ek geniet almal se foto’s en het selfs al nuwe vriende gemaak daar.”
Dit is waaroor 10-10 gaan. ‘n Vensterblik van jou wêreld wat jou herinner daaraan om net vir ‘n oomblik stil te staan en te besef: Ek is deel van iets groter.
Hou aan om daardie foto’s te deel. Hou aan om positief te wees. Hou aan om jou wêreld te wys.
Die WhatsApp-groep waaraan enigeen kan deel wees is oop:
- Maandae tot Saterdae
- Die groep open daagliks om 09:50 en sluit om 10:10
- Geen advertensies of onvaspaste foto’s word toegelaat nie.
- Geen gesprekke of kommentaar word toegelaat nie – geen argieffoto’s, net dit wat jy nou, in die oomblik, voor jou om 10:00 sien.
- Die groep word elke 24 uur skoongemaak.
- Jy kan ook die groep se stellings op jou foon so verander dat foto’s nie in jou foto gallery gestoor word nie en dit ‘mute’ sodat dit nie vir jou steurend sal wees nie.
- Word deel van hierdie inisiatief en sien die wêreld deur ander se oë.

Volg die skakel hieronder om deel te word.
https://chat.whatsapp.com/CmBLROrlW5A1KYTg7e3Aab?s=qt&p=a&mlu=4
Hier is enkele van die kreatiewe foto’s wat verlede week gedeel is.



















