Groot aksie by Weiveld Rally dié naweek

Vir navrae skakel 082 881 5210.

Die baie gewilde Weiveld Rally word weer dié naweek, Saterdag 31 Augustus, vanaf 07:00 die oggend tot laat by die Boereverenigingsaal in die Weiveld-omgewing gehou.
Dit is ‘n dag vir die hele gesin met ‘n 45km plaasroete, baie kosstalletjies, braaivleisvure, musiek en lekker kuier tot laat. Moenie die avontuur misloop nie. Pryse kan gewen word. Bring gerus jou koelhouer, kom braai ‘n vleisie en klink ‘n glasie.
Inskrywings kan reeds 06:00 die oggend gedoen word waarna die motorfietse om 07:00 wegspring. Wegspringtyd vir voertuie is om 07:30. Die laaste wegspring volg om 11:00, en die “Quarter Mile” om 15:30. Die prysuitdeling sal om 17:30 gehou word.


Inskrywings vir motorfietse is R100, voertuie R50 en R50 per persoon in die voertuig.
Die “Quarter Mile” in Kaldari se mielieland is verseker die hoogtepunt en kos R100 per resies. Daar word nie gejaag op die roete nie. Die roete sluit verskeie stoppunte in waar speletjies gespeel sal word en dan voltooi moet word voordat jy verder op die roete kan ry. Elke stoppunt kondig ook ’n wenner aan waarvoor die pryse die aand in die saal oorhandig sal word.
Die dag word aangebied in samewerking met Parys-rugbyklub en Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys, as fondsinsamelingsprojek vir dié twee organisasies.


Vir navrae skakel 082 881 5210.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button