NW Rolbal soek vanjaar se enkelspelkampioene
NW Rolbal soek vanjaar se enkelspelkampioene


Die jaarlikse soektog na die enkelspelkampioene van Noordwes Rolbal, begin vir vroue op 22 Mei by verskeie klubs in die provinsie wanneer die spelers mekaar in seksies pak.
Die mans se stryd begin die dag daarna, 23 Mei, ook by verskeie klubs in die provinsie. Twee en vyftig vroue het vir die kampioenskappe ingeskryf wat bestaan uit 14 van die Potchefstroom Buiteklub (PCC), 11 van Klerksdorp, 10 van Parys, 7 van Potchefstroom Dorp, drie van La Farge, met twee spelers elk van Zeerust, Fochville en Mahikeng, en een speler elk van Orkney en Mahikeng.
Die seksiewenners pak mekaar dan op 5 Junie, met die eindstryd op 6 Junie om 11:00 by ‘n klub wat aangekondig sal word.
Klerksdorp-rolbalklub het ‘n rekord van 29 inskrywings vir die manskompetisie. PCC het 10, Mahikeng 9, Parys en La Farge 8 elk, Orkney en Fochville 5 elk, Zeerust 4, en Ventersdorp en Sannieshof een elk. Die manswenners pak mekaar op 5 Junie met die finaal op 6 Junie om 11:00 by ‘n klub wat aangekondig sal word.




