Local newsNews

Modder, oop grasveld en Vrystaatse mielielande wag op renjaers

Gister se roete is deur renjaers as baie tegnies en vinnig beskryf.

Dag twee van die INGCO Parys 400 kragmeting in vanjaar se SA Rally Raid-kampioenskap neem die spanne oor ‘n 221,45km roete deur ‘n mengsel van modderige gedeeltes, oop grasvelde en die tipiese Vrystaatse mielieland-terrein. Die roete kronkel in die rigting van die Weiveld-graansilo’s en die Boerevereniging-saal voordat dit die R82 bereik en via Dover-treinstasie terugkeer na die eindpunt naby die N1.


Na ‘n verpligte diensbreek van 30 minute by Stonehenge, sal deelnemers dieselfde fase vir ‘n tweede keer aanpak, wat die verhoog skep vir ‘n intense stryd om die algehele eerbewyse. “Hierdie fases bied ‘n uitstekende kombinasie van vinnige en tegniese uitdagings,” sê SA Rally-Raid se uitvoerende hoof, Archie Rutherford.

Bestuurders en navigators sal deurgaans skerp moet bly, want klein foute kan hulle vinnig duur te staan kom.”

Vrydag se roete van die INGCO Parys 400 is as tegnies en baie vinnig beskryf. Foto: Ferdie Jordaan.
Vrydag se roete van die INGCO Parys 400 is as tegnies en baie vinnig beskryf. Foto: Ferdie Jordaan.

Vanoggend se aksie begin met die seremoniële vertrek vanaf Stonehenge om 08:00 voordat deelnemers na die beginpunt van Fase Twee, net anderkant die N1-brug, vertrek waar daar om 08:30 weggespring word..

So lyk die dag se program

Gratis toegang


Toegang by Stonehenge en aangewese uitkykpunte rondom Parys is gratis, met kosstalletjies en regstreekse kommentaar wat vir die hele gesin ‘n dag vol vermaak beloof.

Volg die aksie

Motorsportentoesiaste kan ook regstreekse opsporing en uitslae via die RallySafe-toepassing (gratis beskikbaar op iStore en Google Play) volg en op hoogte bly van nuus, foto’s en video’s op die Suid-Afrikaanse Rally-Raidkampioenskap se sosiale media kanale.

So word daar vanoggend weggespring

Roete kaart

Skandeer die QR kode met jou selfoon se kamera funksie vir die roete kaart of gebruik die skakel hieronder.

https://bit.ly/INGVOPARYS.MAP

Goeie toeskouerpunt om te wees is by die Weiveld-silo’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button