Local newsNewsNews

Kers moontlik oorsaak van dodelike Heldersig-brand

Nadat die brand geblus is, is die liggaam van die 77-jarige vrou in een van die woonstelle aangetref.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat ‘n brandende kers die verwoestende brand by die Heldersig-woonstelkompleks veroorsaak het waarin ‘n 77-jarige vrou Sondag, 5 Julie, omgekom het.

Speurders van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Parys het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die vrou se liggaam ná die brand in een van die woonstelle ontdek is.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, is die polisie omstreeks 10:00 na die woonstelkompleks ontbied nadat ‘n brand daar uitgebreek het.

“Met hul aankoms het lede gevind dat ongeveer vier wooneenhede reeds deur die vlamme verswelg is, terwyl brandbestryders besig was om die brand onder beheer te bring,” het Rani gesê.

Nadat die brand geblus is, is die liggaam van die 77-jarige vrou in een van die woonstelle aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.

Rani het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat ‘n kers moontlik die brand veroorsaak het, maar beklemtoon dat die ondersoek steeds voortduur. Die tragiese voorval het die Parys-gemeenskap geruk, met inwoners wat sedertdien saamgespan het om die slagoffers van die brand met skenkings en ander noodsaaklike hulp te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button