Local newsNewsNews
Agt Parys-leerders in Fezile Dabi Cobras-span opgeneem
Die jong spelers sal Fezile Dabi tydens Rhino's Week verteenwoordig.
Agt o.15-rugbyspelers van Hoërskool Parys is op Sondag, 5 Julie, tydens die Fezile Dabi Cobras o.15 Capping Ceremony vereer nadat hulle amptelik in die streekspan opgeneem is.
Die jong spelers sal Fezile Dabi tydens Rhino’s Week verteenwoordig waar hulle teen ander streekspanne van regoor die land sal meeding.
Die Cobras speel hul eerste wedstryd op 8 Julie wanneer hulle teen die Pumas kragte meet.
Parys Gazette wens die spelers alle sterkte toe vir die toernooi.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



