NewsNews

Dief byt pa aan sy hand

’n Pa van twee dogters is aan sy hand gebyt toe hy ’n vermeende dief na die polisie geneem het. Die pa, mnr. André Gouws, het Woensdag aan die Herald vertel dat sy dogters hom Dinsdag gebel en gesê het iemand is besig om ’n fiets te steel.

’n Pa van twee dogters is aan sy hand gebyt toe hy ’n vermeende dief na die polisie geneem het. Die pa, mnr. André Gouws, het Woensdag aan die Herald vertel dat sy dogters hom Dinsdag gebel en gesê het iemand is besig om ’n fiets te steel.

Volgens Gouws het hy na sy huis in Kruisstraat gejaag, maar teen die tyd wat hy daar aangekom het, was die verdagte reeds weg. Sy dogters, 14 en 17, het aan hom ’n beskrywing van die verdagte gegee en hy het hom gaan soek. Volgens Gouws kon die verdagte nie ver gekom het nie, want dit het hom net ses minute geneem om tot by sy huis te kom.

Hy het die verdagte kort daarna in Joubertstraat opgespoor. “Hy het presies gelyk soos wat my dogters beskryf het. Toe ek hom voorkeer om polisie toe te neem, het hy baie aggressief geraak. Ek het hom aan die arm gegryp, toe byt hy my,” het Gouws vertel. Gouws het die verdagte onder bedwang gebring en hom na sy huis geneem waar sy dogters die man positief geïdentifiseer het.

“Ek het hom polisie toe geneem waar hy net so aggressief teenoor die polisie opgetree het,” het Gouws vertel. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die verdagte ’n 17-jarige straatkind wat ten tye van sy inhegtenisname onder die invloed van gom, wat ingeasem word, was.

“Daar is glo talle diefstalsake hangende teen die kind. Sy ma het aan die polisie gesê om hom te hou omdat sy niks meer met hom te doen wil hê nie. Hy is na ‘n plek van aanhouding in Klerksdorp gestuur,” het Manyoba gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button