NewsNews

Hoekom neem dit so lank om waterlekke reg te maak?

Die Herald berig gereeld oor waterlekke in Potchefstroom. In sommige neem dit maande om herstel te word. Die Potchefstroom Facebookblad en die Herald het onlangs ooreengekom dat lesers voorstelle maak oor berigte wat hul meen die Herald moet doen.

Die Herald berig gereeld oor waterlekke in Potchefstroom. In sommige neem dit maande om herstel te word.
Die Potchefstroom Facebookblad en die Herald het onlangs ooreengekom dat lesers voorstelle maak oor berigte wat hul meen die Herald moet doen.
Vandeesweek se gemeenskapskwessie het juis gegaan oor die stadige trant waarop waterlekke reggemaak word.
Die munisipale woordvoerder, Willie Maphosa, het op 3 Februarie gesê die waterlekke waaroor die Herald destyds berig het, nie lekke op die hooftoevoerpype is nie, maar eerder op die aansluitings wat na die verbruikers gaan.
Hy het toe ook gesê die departement van infrastruktuur is agterstallig, maar doen hul bes. “Die feit is dat die infrastruktuur besig is om te verouder,” het Maphosa gesê.
Hulle fokus eers op die hooftoevoer, die watersuiweringsaanleg en die opgaartenks voordat hulle die kleiner waterlekke in die stad kan regmaak.
Die grootste uitdaging is egter mannekrag.
“Die munisipale organisatoriese struktuur sal na die verkiesing gefinaliseer word,” sê hy.
Die aanmelding van waterlekke wat nie noodwendig die verantwoordelikheid van die munisipaliteit is nie ook ’n groot kopseer.
“Alle waterverwante navrae moet aandag geniet, met die gevolg dat baie tyd gemors word deur waterlekke te ondersoek wat nie die verantwoordelikheid van die munisipaliteit is nie.
Om tyd te spaar beveel die munisipaliteit aan dat wanneer ‘n klag oor water aangemeld word die volgende inligting gegee word:
• Die adres of naaste adres waar die waterlek is. Nie ‘n landmerk nie, want dit neem tyd om te soek en
• ‘n Kontaknommer van die klaer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button