NewsNews

N12 gesluit na kop-aan-kop botsing

Twee vragmotors was vanoggend (26 April) omstreeks 01:00 op die N12 Johannesburg rigting in 'n kop-aan-kop botsing betrokke.

Twee vragmotors was vanoggend (26 April)  omstreeks 01:00 op die N12 Johannesburg rigting in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke.

Die N12 in daardie rigting is steeds gesluit aangesien owerhede die paaie nog skoonmaak.

Een van die vragmotors het glo teer vervoer, wat na die botsing uit die tenker geloop het. IMR ambulansdienste, ER24 asook die provinsiale ambulansdienste was op die toneel om die drie beseerde te behandel. Die ander vragmotor het uie vervoer.

Al drie beseerdes is na Medi-Clinic in Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Die Fochville polisie was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button