NewsNews

NWU waarsku teen kuberaanval

Die NWU het Sondag (14 Mei) 'n aankondiging op die webtuiste gemaak wat NWU rekenaar gebruikers teen 'n internasionale kuberaanval waarsku.

Die NWU het Sondag (14 Mei) ‘n aankondiging op die webtuiste gemaak wat NWU rekenaar gebruikers teen ‘n internasionale kuberaanval waarsku.

Volgens die NWU se webtuiste, het ’n wêreldwye losprys-kuberaanval Saterdag, 13 Mei 2017 na Suid-Afrika versprei. Ten minste 99 lande is reeds geraak en hospitale in die Verenigde Koningkryk is lamgelê. Dit word beskryf as die grootste kuberaanval in die geskiedenis.

IT-bestuur en -spesialiste van die NWU het Saterdagmiddag’n dringende vergadering gehad en het as ’n voorkomende maatreël onmiddellik begin om alle dienste op te dateer.

“IT sal ’n Windows-opdatering op alle rekenaars van gebruikers wat nie op die nuutste opdatering is nie, afdwing. Dit sal gebeur sodra hulle aanteken en sal hoofsaaklik Maandagoggend plaasvind. Hierdie aksie kan vetragings in die opdatering van dienste tot gevolg hê weens die intensiteit van die opgraderingsaktiwiteite,” lui die aankondiging op die webtusite.

Die NWU het alle gebruikers gewaarsku om nie enige onbekende e-posse of dokumente oop te maak nie.

Verskeie besighede in verskillende sektore word geteiken, belangrike data op ‘n stelsel word enkripteer waarna ‘n lokprys gevra word om die data te ontsyfer. Die lokprys verdubbel na drie dae waarna die data uiteindelik na ‘n week uitgevee word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button