NewsNews

Besigheidseienaars keelvol vir Kingsstraat-waterlek

Die Herald het steeds geen reaksie gekry van die NW405 stadsraad op ’n artikel wat twee weke gelede geplaas is oor water wat by ’n pyp in Kingsstraat uitspuit nie. Verlede maand het besigheidseienaars by die Design Square winkelkompleks aan die Herald gesê dat water al vir sowat vier maande by die pyp uitspuit. Dit …

Die Herald het steeds geen reaksie gekry van die NW405 stadsraad op ’n artikel wat twee weke gelede geplaas is oor water wat by ’n pyp in Kingsstraat uitspuit nie.
Verlede maand het besigheidseienaars by die Design Square winkelkompleks aan die Herald gesê dat water al vir sowat vier maande by die pyp uitspuit.
Dit blyk ook dat dit drinkwater kan wees en dat daar reeds duisende liters by die straat afgeloop het.
Dit is nou al twee weke later en die water spuit steeds.
Me. Anne-Marie Botha, een van die winkeleienaars by Design Square, sê dat sy keelvol daarvoor is dat daar absoluut niks gedoen word omtrent die water wat loop nie.
Boonop is die straat ook ’n gevaarlike plek waar straatkinders vuur maak, rommel gestrooi word en mense reeds in die verlede hul dooie troeteldiere weggegooi het.
Botha sê dat die Burgemeester moet opstaan uit sy stoel en kom kyk wat daar aangaan.
“So kan dit mos nie aangaan nie!” sê sy

Kingsstraat verloor sy eertydse glorie

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button