NG Noord buitelugkonsert met Touch of Class dié naweek
Die NG-gemeente Potchefstroom-Noord bied op Saterdagaand 21 Oktober weer die jaarlikse buitelugkonsert aan met die bekende en geliefde Touch of Class as gaskunstenaars. Dit vind plaas op die grasperk om die kerk in Silwerstraat. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R60 vir alle kinders. Bring jou eie seilstoele saam. Dan is daar ook kuiertafels vir …

Die NG-gemeente Potchefstroom-Noord bied op Saterdagaand 21 Oktober weer die jaarlikse buitelugkonsert aan met die bekende en geliefde Touch of Class as gaskunstenaars.
Dit vind plaas op die grasperk om die kerk in Silwerstraat. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R60 vir alle kinders. Bring jou eie seilstoele saam.
Dan is daar ook kuiertafels vir agt persone met ‘n kaasbord en twee bottels wyn teen R2 000 per tafel (stoele word daar voorsien). Die kaartjies kan by die kerkkantoor by Ciska, (018) 294 5084 en by Green Health gesondheidswinkel op die Bult by Sanet, (018) 297 1019 gekoop word.
Daar is 1 000 kaartjies beskikbaar. Kaartjies sal ook by die hekke beskikbaar wees, asook beperkte veilige parkering op die kerkterrein teen R20.
Op die terrein gaan ook heerlike kos/koeldrank te koop wees, asook ‘n koffie stalletjie en wyntafel waar ‘n bottel wyn en glase verkry kan word. Kaasborde sal ook beskikbaar wees.
Dit gaan groot pret wees. Die ingang is vanuit Silwerstraat en die hekke maak reeds vanaf 16:00 oop, maar die konsert begin eers om 18:30. Dit sal in twee helftes geskied met ‘n pouse tussenin.
Nooi vriende en kom kuier saam met heerlike musiek en vermaak. Geen piekniekmandjies word toegelaat nie.
In geval van reën sal die konsert in die kerkgebou voortgaan. Navrae kan by ds. Johan by 082 377 8539 gedoen word.



