NewsNews

Ontwikkelingskopseer dalk verby

Dit lyk asof die komitee vir Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik (SPLUMA) vir Potchefstroom na twee jaar uiteindelik saamgestel gaan word.

Dit lyk asof die komitee vir Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik (SPLUMA) vir Potchefstroom na twee jaar uiteindelik saamgestel gaan word.
Mnr. Chris Landsberg, DA koukusleier, sê na ’n onlangse veelpartykomitee vergadering daar nou ’n aanbeveling aan die raad gemaak kan word oor lede vir die SPLUMA-komitee.
Dit sal tydens die volgende raadsvergadering wat 28 November gehou word, bespreek word. Dewald van Breda, voorsitter van die Potch-Tlokwe Sakekamer, het vroeër sy kommer oor die stand van sake uitgespreek, veral omdat werksgeleenthede ook belemmer word deur ontwikkeling wat nie van die grond af kom weens die gesloer met die samestelling van dié komitee.
Landsberg het by ’n vorige geleentheid gesê dat die ANC die samestelling van die SPLUMA-komitee al verskeie kere uitgestel het, omdat aansoekers om in die komitee te dien, nie aan hulle politieke doelwitte voldoen het nie. Die Herald het in Maart vanjaar berig dat die raad besluit het om die proses binne 30 dae af te handel.
Dit nadat die raad besluit het die keuringsproses moet van voor af begin omdat die komitee ook verteenwoordigers van Ventersdorp moet insluit. Munisipale woordvoerder Willie Maphosa het Maart aan die Herald gesê dat die burgemeester in gesprekke met die LUR van plaaslike regering en menslike nedersettings is, met die oog daarop om op sy eie voort te gaan met die aansoeke vir ontwikkelings, hangende die finalisering van die komitee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button