NewsNews

Carletonville riool besoedel Potch water

Boere wat water uit die Wonderfonteinspruit, Boskop- en Potchefstroom-dam pomp word deur die VF Plus gewaarsku dat die water besoedel is.

Boere wat water uit die Wonderfonteinspruit, Boskop- en Potchefstroom-dam pomp word deur die VF Plus gewaarsku dat die water besoedel is.

Diefstal van munisipale infrastruktuur in die Khutsong area naby Carletonville veroorsaak dat duisende liter riool die afgelope paar weke in die Wonderfonteinspruit vloei. Dit lek uit ‘n pyp wat na die behandelingsaanleg vloei.

Die Wonderfonteinspruit vloei in die Mooirivier wat Boskop- en Potchefstroom-dam voed.

Volgens Ben van den Berg, Vryheidsfront Plus raadslid in die Merafong munisipaliteit,  is die Merafong Stadsraad herhaaldelik versoek om die gebarste pyp te herstel. Die versoek het op dowe ore geval. Die departement van waterwese is ook in kennis gestel,” het Van den Berg gesê.

Volgens die Merafong munisipaliteit, word daar herhaaldelik meganiese en elektriese toerusting by dié behandelingsaanleg gesteel wat veroorsaak dat dit nie kan funksioneer nie. Die munisipaliteit is besig om ekstra sekuriteit vir die area aan te skaf,” het ‘n munisipale woordvoerder gesê.

Volgens Willie Maphosa, woordvoerder van J.B. Marks munisipaliteit, sal die kwessie by die volgende gesamentlike vergadering met Merafong opgeneem word.

Volgens Van den Berg sal die VF Plus se provinsiale wetgewerslid, me. Amanda de Lange, die rioolwerke besoek. Sy het departementshoofde van Merafong gemoeid met die projek versoek om die inspeksie by te woon. Sy het reeds die kwessie met CoGTA (samewerkende regering en tradisionele sake) bespreek.

“Die VF Plus kan nie toesien dat rioolstortings riviere en damme besoedel en water onbruikbaar vir landboudoeleindes maak nie. Boere in die omgewing is afhanklik van water om die land se kosmandjie te vul,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button