NewsNews

Bekende jagter praat in Potch

‘n Bekende jagter, omgewingsbewaarder en boekskrywer van Namibië, Kai-Uwe Denker, lewer op 20 Junie ‘n praatjie oor sy nuutste boek About the Spirit of the African Wilderness.

‘n Bekende jagter, omgewingsbewaarder en boekskrywer van Namibië, Kai-Uwe Denker, lewer op 20 Junie ‘n praatjie oor sy nuutste boek About the Spirit of the African Wilderness.

Denker, ‘n Duitser, het die boek in duits geskryf en dit is onlangs in Engels vertaal.

Die boek gaan oor ou olifantbulle as die grootste wilde dier in die Afrika-jagveld.  Dit beskryf jag-avonture in hoofsaaklik die noordelike Kalahari van Namibië, die kuns van spoorsny en antwoorde oor wat nodig en belangrik is met olifantjag.  Laastens, maar nie die minste nie, handel dit oor die regverdiging van olifantjag, maar ook jag in die algemeen.

Denker kom praat op uitnodiging van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging terwyl hy ‘n paar dae in Potchefstroom is terwyl sy dogter by Unisa kom eksamen skryf.  Sy studeer omgewingsbestuur.

Denker was president van die Namibië Professionele Jagtersvereniging en is ook deur dié vereniging al aangewys as Omgewingsbewaarder van die Jaar.  Hy is wyd bekend onder Suid-Afrikaanse jagters as ‘n etiese jagter.

Hy gaan ook praat oor jag in die algemeen in Namibië en oor hulle manier van trofeë meet.

Die praatjie vind by die Elgro Hotel plaas en begin 18:30. Dit is gratis. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button