
Die ervare Potchefstroomse polisieman en Noordwes veerpyltjiespeler, Herman Coetzer, is ‘n man wat ‘n lang lys prestasies op sy kerfstok het. Die Herald het met hom gaan gesels om meer oor hierdie interessante ondersoekbeampte uit te vind.
1.Vertel my meer oor wat jy doen vir ’n lewe (wat behels dit, wat is die lekkerste daarvan en wat is die slegste daarvan)
Ek is ‘n lid van die SAPD. Tans werksaam as ondersoekbeamte by die (GKS Eenheid) Gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdryf-eenheid. Ek het 36 jaar diens in die SAPD, waarvan ongeveer 24 jaar by bogenoemde eenheid is. Dit behels die ondersoek van alle seksuele misdrywe, gesinsgeweld waar daar verbreking is van n beskermings bevel, alle misdrywe teen kinders, sowel as vermiste kinders. Ek het ook die afgelope twee jaar of so meer betrokke by die ondersoek van Kubermisdaad (Cyber crime) geraak, hoofsaaklik sake van die seksuele uitbuiting van kinders. Die vervaardiging, besit en verspreiding van kinder seksuele misbruik, beelde, videos ens. Ek was voorheen werksaam by die ou onluste eenheid. ’n Groot gedeelte van my loopbaan daar, was as instrukteur. Ek was by die reaksiemag, SWAT, polisieduikspan en gyselaar onderhandelspan betrokke. Natuurlik veerpyltjies ek speel al 35 jaar, soms lyk dit nie so nie!
Die slegste gedeeltes van my huidige werk is:
1. Iemand is altyd kwaad vir jou,
2. Wanneer kinders verwyder word is daar ongelooflike trauma, maak nie saak wat die omstandighede is nie.
3. Die trauma wat slagoffers beleef is onbeskryflik.
4. Om onpartydig te staan verstaan baie mense nie.
5. Dit is baie moeilik om almal gelukkig te hou.
6 By die afsluiting van die saak is die verhouding tussen ondersoekbeampte en slagoffer asook getuies verby. Alhoewel slagoffers verwys word vir berading dink ek baie aan, wat van hulle word, sal hulle in staat wees om die trauma te verwerk, kan hulle ’n normale lewe kan ly?
Die Lekker gedeeltes van my werk is:
1. Om kinders en families gelukkig te sien en te help waar ek kan. Ek weet wat dit is as ‘n gesin nie gelukkig is nie.
2. Om ‘n voortvlugtende verdagte op te spoor/vermiste kinders op te spoor.
3. Om ‘n saak suksesvol deur die hof te neem.

2. Waar het jy groot geword en toe jy ʼn kind was, wat wou jy eendag word?
Ek is n Potchefstromer al vanaf ek 7 jaar oud is.
Ek kan nie dink dat ek enige iets anders as ’n polisiebeampte wou wees nie.
3. As jy een plek kon kies in Potch waar jy meeste van jou tyd wil deurbring, waar sou dit wees?
Iewers langs ’n dam.
4. Vyf mense wat jy nog wil ontmoet, en hoekom?
Julius Malema – Ek wil hom ‘n paar vrae vra.
Phil Tailor- Sy oefenprogram en hoeveel stelle veerpyltjies hy al besit het.
Donald Trump – ek wil hom ook n paar vrae vra.
Andriëtte Norman- Sy moet vir my en my vrou kom sing.
Sebastian Vettel- Ek soek ‘n draai in sy Ferrari.
5. Saam met wie wil jy nie in ’n hysbak vassit nie (net een persoon)?
Niks met politiek ras of geslag te doen nie. Julius Malema.
6. Jou gunstelingplek waarheen jy al gereis het, of heen wil reis?
Die Kaap is wonderlik, maar ek wil Australië gaan besoek.
7. Wat is jou stokperdjies?
• Speel veerpyltjies. Ek beoefen dit ook as ‘n sport
• Hengel
• Hou my besig met ’n paar voëltjies.
• Naweek “Biker”
• Model vliegtuigies
• My motorhuis – daar probeer ek baie goed.
• Bergfiets as ek nie te lui is daarvoor nie.
8. Vyf dinge waarsonder jy nooit die huis sal verlaat nie?
My ‘Multi-Tool’ mes
My vuurwapen
Selfone plus power bank.
Water
Beursie.
9. Drie gunsteling disse?
Vleis en slaai.
Groentegereg
Omelet met goeie vulsel.
10. Wat is jou gunsteling aanhaling?
“Maak seker van jou feite.”



