
WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe lesers nie.
‘n Man is vandag (10 Februarie) omstreeks 14:30 op aanklag van dieremishandeling in hegtenis geneem nadat hy ‘n kat aan ‘n reling vasgemeaak het en dit glo wou slag om te eet.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die sekuriteitsmaatskappy omstreeks 14:07 ‘n oproep ontvang van ‘n vrou wat vertel dat ‘n man besig is om ‘n kat aan die reling van die laagwaterbrug op die hoek van Spruit en Walter Sisulustraat vas te maak.

Mooirivier Beskerming het saam met PAWS na die toneel reageer. Die man het gevlug nadat hy Mooirivier en PAWs beamptes sien aankom het. Hy is kort daarna op die hoek van Albert Luthuli en Peter Mokaba vasgetrek.
Volgens Haefele het die man erken dat hy die kat wou eet maar dat die dier reeds dood was toe hy hom aan die reling vas gemaak het.
Volgens Darren Kruger, voorsitter van PAWS, was van die kat se pote reeds afgesny toe die beamptes op die toneel kom. Kruger sê dat die ondersoek sal wys of die kat nog gelewe het toe die man die dier aan die reling vasgemaak het.




