NewsNews

Sakeskool dosent by NAMPO gevloek

Dr. Piet Croucamp van die NWU se sakeskool is gister (17 Mei) by Nampo deur 'n besoeker geskel. 

Dr. Piet Croucamp van die NWU se sakeskool is gister (17 Mei) by Nampo deur ‘n besoeker geskel.

Dit na een van die gesprekke waarvan Croucamp vandeesweek deel is. Dié gesprekke word deur die NWU se sakeskool aangebied.

Volgens Netwerk24, het die man glo vir Croucamp, ‘n k-boetie genoem en hom die p-woord toegesnou waarna hy, sy foon uit sy hand geklap het. Croucamp het die man agterna gesit en gekonfronteer, hy het ook ‘n video van die konfrontasie gemaak.

In die video, vra Croucamp die man, watter soort mens is hy en dat hy hom nie eens ken nie.

Die man antwoord dan “Almal ken jou Piet jy is die grootste vyand vir die Afrikaanse nasie.”

Volgens Netwerk24, het Croucamp na die voorval gesê dat hy lank omgekrap was maar dat “‘n mens nie kan toelaat dat so ‘n voorval jou dag bederf nie”

Volgens Louis Jacobs, DIrekteur van korporatiewe kommunikasie by die NWU, wag die universiteit vir ‘n verslag oor die beweerde voorval.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button