Waterlekke steeds ‘n krisis in industriële gebied
‘n Week later sit A & N Panelbeaters al sedert Maandag, 12 September sonder water terwyl hulle wag dat hierdie lekke herstel word.
Daar is verlede week oor die aanhoudende waterlekke en slaggate in die industriële gebied in Rossstraat berig wat dit vir besighede baie ongerieflik maak om handel te kan dryf.
‘n Week later sit A & N Panelbeaters al sedert gister (12 September) sonder water terwyl hulle wag dat hierdie lekke herstel word.
“Die water is sedert Maandag afgesit. Dit is baie ongerieflik, veral vir ons damespersoneel wat nou ver moet loop om ‘n badkamer te kry. Ons weet nie wanneer die water weer aangaan nie,” noem die bestuurder van A & N Panelbeaters, Michael Smith.
Die munisipaliteit het op hierdie klagtes verskoning vra vir die ongerief gevra.
“Die Water en Rioolnetwerk-afdeling het ‘n paar uitdagings as gevolg van onvoorsiene omstandighede. Sodoende gaan dit langer neem om aan klagtes aandag te gee. Die Munisipaliteit werk egter daaraan om die aangeleentheid wat aangemeld is aan te spreek. Die bogenoemde lekkasie sal op die laatste teen Dinsdag, 13 September 2022 besoek word,” het Jeanette Tshite, woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit gister genoem.
Smith het aan die Herald teen 16:00 vandag (13 September) bevestig dat die munisipaliteit nog nie by die waterlek was of hom daaroor ingelig het nie.
Tshite het ook genoem dat die betrokke afdeling vir paaie aan die slaggate in Rossstraat sal aandag gee.



