Local newsNewsNews
Boom waai om in MC Roode-weg
Motoriste word gemaan om vir eers hierdie pad te vermy en alternatiewe roetes te gebruik totdat die boom verwyder is.
Na ‘n vinnige donderstorm vanmiddag het ‘n boom omstreeks 13:15 in MC Roode-weg, ‘n paar meter na die ingang van HTS Potchefstroom, omgewaai en in die teerpad geval.
Die JB Marks munisipaliteit se parke-afdeling is ontbied om die boom te verwyder.
Motoriste word gemaan om vir eers hierdie pad te vermy en alternatiewe roetes te gebruik totdat die boom verwyder is.

Foto: Potchefstroom First Responders/Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!