Foto’s: Vloedwater tref verskeie strate in Potchefstroom
Verskeie strate in Oewersig en die Heilige Akker is met water bedek.
Vloedwater het deur die loop van gisteraand en vanoggend (14-15 November) veroorsaak dat strate in die Heilige Akker en Oewersig naby aan die Mooirivier aan die noorde kant van Potchefstroom oorspoel.
Die oorsaak hiervan is weens die baie reën wat die afgelope naweek vir die Klerkskraaldam en Boskopdam laat oorloop het.
Inwoners het foto’s van hulle strate geneem waar die Mooirivier se water opgestoot het en die strate in mini-riviere verander het. Van hierdie strate is Johannes Dreyerstraat, Langenhovenstraat (Heilige Akker) sowel as Van Rooystraat in Oewersig.
Foto’s:
Die NWU se Joolplaas en Fanie du Toit Sportgronde is ook gedeeltelik oorspoel met die watervlakke wat gestyg het.
Die Trimpark is ook toe onder water.
Die stadsraad se rampbestuurspan en die verkeersdepartement was ook gisteraand op die toneel om toe te sien dat sekere strate vir veiligheidsredes gesluit word.
- Van Rooystraat tussen Stuart- & Bezuidenhoutstrate was ook gisteraand al omstreeks 19:00 onder water en is gesluit deur die verkeersdepartement.
- By drie huise in die Oewersig-area het water ook net laag genoeg gebly sodat huise nie skade binne-in gekry het nie.
- Die Retiefstraat-brug by die Trimpark het ook gisteraand toe met vloedwater. Dit is nog steeds tans toe vir die publiek.
- Inwoners word steeds gevra om versigtig te wees.
- Die JB Marks Munisipaliteit woordvoerder, Jeanette Tshite het genoem dat ‘n taakspan ingerig is om hulp te verleen waar daar nood is. Sy het ook genoem dat inwoners kalm moet bly en belangrike dokumente in waterdigte houers moet stoor.
“Selfone moet ook byderhand gehou word om seker om noodgevalle te rapporteer,” het sy bygevoeg.















