Nog net drie dae oor van die Mooirivier Kersmark
Die Kersmark bied ‘n legio keuses: opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, dekor-items, klere, leer- en houtgeskenke, juwele, boeke, bykomstighede en allerlei lekkernye.
Die Mooirivier Kersmark vind vanjaar nog net tot Saterdag, 3 Desember plaas en het reeds
vir talle Potchefstromers ‘n besonderse inkopie-ervaring gebied.
Die is hierdie laaste drie dae vanaf 1-3 Desember die finale geleentheid om daardie besondere Kersgeskenk te kan koop.
Met meer as 90 uitgesoekte uitstallers vanjaar is daar kwaliteit om elke hoek en draai wat jou aandag trek en jou sal verras.

Vergeet van moeë voete, min verskeidenheid en duur impulsiewe besluite omdat jy net nie daardie spesiale Kersgeskenk kan kry nie.
Die Kersmark bied ‘n legio keuses: opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, dekor-items, klere, leer- en houtgeskenke, juwele, boeke, bykomstighede en allerlei lekkernye.
En wanneer jy tussendeur ‘n versterkinkie nodig het, is daar ‘n restaurant wat heerlike bekostigbare ligte etes, vars gebak en ietsie te drinke bedien.
Daar is saans vanaf 17:30 ook ‘Die Tafel’ wat elke aand ‘n spesiale buffet-ete te koop aanbied wat ook huis toe geneem kan word.
Hou ons Facebook-blad, dop vir die spyskaart.
Marktye is Donderdag en Vrydag van 9:00 tot 20:00 wat werkendes ook
‘n kans gee om rustig rond te snuffel.
Op die laaste dag, Saterdag 3 Desember sluit die mark om 16:00.
Geskenkbewyse is regdeur die jaar beskikbaar en is by die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos in Paryslaan te koop.
Vir enige navrae kontak vir Adele Delport by (018) 290 7690 of stuur ‘n e-pos na kerkkantoor@oosdoppers.co.za. Vir meer inligting besoek en ‘like’
Mooirivier Kersmark se sosiale blaaie:
Webblad: https://www.oosdoppers.co.za/mooirivier-kersmark.html
Facebook: https://www.facebook.com/mooirivierkersmark
Instagram: mooirivierkersmark




