Local newsNewsNews

Noordwes Kinderkoor tree vanmiddag by Duet op

Die Noordwes Kinderkoor was weer op hul stukke tydens 'n pragtige optrede by Huis Eikelaan.

Die Noordwes Kinderkoor gaan vandag om 13:00 hul talente by die Herfs Piekniekkonsert by Duet Gemeente in Vanderhoffpark te toon stel.

Hul het alreeds hierdie maand vir Huis Eikelaan se inwoners op Vrydag, 10 April met ‘n skitterende optrede bekoor.

Dit was vir elkeen in die gehoor ’n vreugde om te sien hoe hul koorleier Petro Coetzee en haar span, daarin slaag om ’n groep van sowat 80 woelige kinders [tussen 9 en14] met liefdevolle dissipline te omskep in ’n eenvormige spannetjie wat dit geniet om hul talente te deel.

Hoe besing mens so ’n belewenis? Met bewondering vir die vaardigheid en musikale vermoë om dit te vermag en te geniet en die gehoor te laat meelewe in die vreugde. Die program het gewissel van meertalige en vars aanbiedinge van geestelike liedere, vrolike internasionale koorstukke, aktiewe Tswana vertolkings en rustige melodiese stukke.

Hul kan sonder twyfel internasionaal deelneem en sal besonder goed vaar met hul puik afronding, dinamiek, eenvormige klank en veelstemmige styl wat mens nie sal verwag van ’n groepie kinders van hulle ouderdom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button