NewsSchools

Fontie leerder – aktrise in wording

Laerskool Fontainebleau Graad 7 leerder eersdaags deel van kortfilm op kykNET.

Dit is vir Laerskool Fontainebleau ’n groot voorreg dat een van hul Graad 7 leerders, Milan van Jaarsveld, uit duisende deelnemers gekies is om deel te wees van die Speeltoneel kortfilmprojek saam met ABS Produksies onder leiding van Anthonie Bougas.

Dit is ‘n vier-maande kursus saam met akteurs soos Desire Gardner, Vilje Maritz en Izak Davel.

Die kortfilm gaan aan die einde van die jaar op nasionale televisie uitgesaai word onder die naam Begrawe my hart waarin Milan die rol van Matilda speel.

“Ons sien uit om jou op nasionale televisie te sien, Milan! Fonties is trots op jou,” sê Carien Venter, die kommunikasiebeampte en personeel aangeleenthede van Laerskool Fontainebleau.

Related Article:

Hoërskool Randburg wen die Noordvaal kompetisie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randburg Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button