Laerskool Fontainbleau was heel opgewonde oor die aanstelling van hul nuwe skoolhoof – Kevin Kinghorn.
“Ons verwelkom Kevin Kinghorn in die Fontie-familie,” sê Carien Venter, kommunikasiebeampte en personeelaangeleenthede by die skool.
Kinghorn was die afgelope ses en ‘n halfjaar jaar adjunkhoof by Laerskool Kenmare. Hy is amptelik by Laerskool Fontainebleau as hoof aangestel vanaf 1 November 2022.
“Ons is positief dat Mnr Kinghorn nie net ‘n aanwins vir Laerskool Fontainebleau as hoof sal wees nie, maar vir elke kinderhart en ouers se gemoedsrus. Fonties sê opreg dankie aan ons adjunkhoof, Regardt Peyper, vir die bekwame wyse waarop hy die skool die afgelope paar maande gelei het. Vir beter kon ons nie gevra het nie,” sê Venter.
Verwante artikel:



