NewsSchools

Fonties skitter as ‘n top laerskool

Die toekenning is gebaseer op 2022 se Graad 6 Afrikaans- en wiskunde-uitslae.

Laerskool Fontainebleau is op Januarie 31 by die Johannesburg Noord Distrikshoofde-byeenkoms as een van die top laerskole in die streek aangewys. Die streek bestaan uit 108 laerskole. Hierdie toekenning is gebaseer op 2022 se Graad 6 Afrikaans- en wiskunde-uitslae.

Onderwysers Linda-Mari Viljoen (Afrikaans) en Nico van Jaarsveld (wiskunde)

“Welgedaan aan elke onderwyser vir jul harde werk en toewyding om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf.

Sertifikaat van uitnemendheid ontvang.

“Graad 6 klas van 2022, dankie dat julle Fonties se lig so helder laat skyn. Ons is trots op julle,” sê kommunikasiebeampte en personeelaangeleenthede, Carien Venter.

Verwante Artikel:

Laerskool Fontainbleau verwelkom nuwe skoolhoof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randburg Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button