Fonties nooi u uit na Kaalvoetfees
Die kaalvoetfees is om fondse in te samel vir die skool se hulpfonds.
Die gemeenskap kan by hierdie jaar se Kaalvoetfees kaskarresies, kosstalletjies, opwindende speletjies en lewendige musiek geniet.

Laerskool Fontainebleau, in samewerking met die skool se ouer- en onderwysersverenging (OOV), bied op 9 September die Kaalvoetfees 2023 aan. Die doel van die fees is om fondse in te samel vir die skool se hulpfonds en skoolprojekte.


Vermaak word verskaf deur die skool se eie ‘flashmob’, Hoërskool Randburg se band, Footsteps on the Moon, Hoërskool Linden se battery, en die skool se band, Die Pa’s, asook twee van die skool se onderwysers, Lida Venter en Rainier van Tonder.

Die skool is baie trots om aan te kondig dat die bekende sangeres, Karlien van Jaarsveld, ook optree. Haar vertoning begin 17:00 – mense is welkom om verversings en kampstoele te bring. Koelsakke kan vanaf 12:00 ingebring word, maar geen glase en glasbottels word toegelaat nie – slegs karton, plastiek en blikkies. Ys en glase sal by die fees te koop wees.


Kaartjies kan by Quicket of by die hek gekoop word:
R90 vir kinders (kinders onder drie kom gratis in)
R160 vir volwassenes

Related Article:
Orchestra’s picnic concert to showcase the best in classical music



