VP044539

VAKATURE: ASSISTENT SJEF Herberge
•Panorama Landgoed Aftree-oord, Krugersdorp

(Herberge is `n afsonderlike entiteit.)

Herberge is op soek na `n toegewyde, verantwoordelike en hardwerkende assistent sjef om by ons kombuisspan aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die voorbereiding van voedsame, smaaklike maaltye vir ongeveer 120 inwoners in ons versorging.
Posvereistes

•Ervaring vir die voorbereiding, kook en bak van maaltye.

•Ondervinding in `n grootmaatkombuis of soortgelyke omgewing sal `n aanbeveling wees.

•Kennis van voedselveiligheid en higinestandaarde.

•Afrikaans en Engels goed magtig.

•Goeie menseverhoudinge en die vermo om goed in `n span te funksioneer.

•Betroubaar, stiptelik en bereid om onder druk te werk.

*`n Omgee-houding en respek vir bejaarde inwoners.

Diensvoorwaardes

•Skoftye wissel tussen 06:00 en 18:00 aan diens 2de naweek

•Voorkeur sal gegee word aan kandidate tussen 30 en 50. Aansoeke
Stuur u volledige CV per e-pos na pieterrkruger@telkomsa.net
Sluitingsdatum vir aansoeke: 21 Augustus 2026.

Reference Number: VP044539

View All Classifieds View Vacancies Entries

Back to top button