Local newsSchool sportSport

Renjaer Rudi presteer goed in Spanje

Die SA span het almal goed gevaar by die 2023 Tillotson T4 Nations Cup.

Hoërskool Randburg leerder en knortjor (‘go-kart’) renjaer Rudi Schüssler het die naweek van 21 tot 24 September aan die 2023 Tillotson T4 Nations Cup in Spanje deelgeneem waar hy Suid-Afrika vanjaar in die senior kategorie verteenwoordig het.

Rudi Schüssler (middel voor) werk aan die ‘go-kart’.

Hy was een van 65 renjaers wat deelgeneem het in die senior afdeling. Die kompetisie was straf en die renjaers ervare. Amerika en Brittanje het sterk na vore getree met verskeie renjaers wat deelgeneem het en kon dus saamspan in elke uitdun. Rudi het egter met ander renjaers van verskillende lande saamgewerk om ook soos ‘n span te kon jaag om mekaar sodoende te help om vinnige tye aan te teken.

Rudi Schüssler (links) is reg vir die wedren in Spanje.

Vrydag in die oefenrondtes het Rudi baie vinnige tye aangeteken. Saterdag het hy sy jaagtog voortgesit maar kon nie ‘n goeie ‘quali’ aanteken nie en dit het sy wegspring-posisie belemmer.

Rudi Schüssler (middel agter) werk aan die ‘go-kart’.

Hy het egter teruggeveg, en was van die laaste 36 om die eindrondte te haal. Daar jaag Rudi na hartelus en moes ‘n hele paar ongelukke vermy. Hy eindig suksesvol in 14de plek uit 65 jaers in sy klas.

Die SA span geniet hul tyd in Spanje.
Rudi Schüssler jaag in Spanje.

Lees ook:

Grade 9 Hoërskool Randburg learner races his kart in Spain

Related Articles

 
Back to top button