
Een van Hoërskool Jan Viljoen se top hokkie dogters, Elouise Oberholzer is onglangs in die Suid-Gauteng Hokkiespan opgeneem en het haarself beslis puik van haar taak gekwyt tydens dié span se toernooi in Pretoria.
Volgens Elouise, moes sy sedert April vanjaar aan verskeie proewe deelneem om in die Suid-Gauteng Hokkiespan opgeneem te word.
“My laaste rondte proewe het gedurende Mei maand plaasgevind en ek was in ekstase toe ek uitvind dat ek deel van die span vorm,” vertel Elouise.
Sy vertel verder dat hul span ‘n dagtoer in Potchefstroom bygewoon het en tydens die geleentheid baie goed gevaar het.
“Na afloop van ons dagtoer, het ons vanaf 23 – 25 Junie aan ‘n toernooi in Pretoria deelgeneem. Dit is tydens dié geleentheid dat ons o.18 Hokkiespan as die algehele wenners aangekondig is,” vertel Elouise.
Volgens Elouise het hulle in die finaal met ‘n telling van vier doele teenoor drie gewen.
Twee van dié doele is deur Elouise aangeteken.