NewsSchools

Jannas vaar goed tydens Bokkie Sportweek

Hoërskool Jan Viljoen wys hul staal tydens die Bokkieweek in Naboomspruit.

Talle sportliefhebbers van skole regoor Suid-Afrika het vanaf 1-5 Julie aan die Afrikaner Volkseie Sport se Transvaal kompetisie, ook bekend as die Bokkieweek deelgeneem.

Tydens die geleentheid, wat in Naboomspruit plaasgevind het, het Hoërskool Jan Viljoen talle netbal, hokkie en rugbyspelers gehad wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Volgens eerstespan-netbal spanbestuurder by Hoërskool Jan Viljoen, Magdie de Winnaar, het die organiseerders van dié kompetisie haar gevra of sy belangstel om deel van dié gesogte kompetisie te wees.

“My spelers het toe aan die proewe deelgeneem en dit het baie goed gegaan,” vertel Magdie.

Sy vertel verder dat dié groep netbalspelers teen 15 ander unies deelgeneem het.

Die Transvaal Unie, waarvan Hoërskool Jan Viljoen se spanne deel was, het puik gevaar en die o.16 netbaldogters het met ‘n algehele 12de plek weggestap.

“Beide ons o.13 en o.14 spanne het ‘n algehele negende plek behaal.

“Ons is baie trots op elkeen van dié spanne vir hul puik spel,” vertel Magdie.

Verder het die o.19 dogters hulle self van ‘n derde plek tydens die kampioenskappe verseker.

Volgens Magdie het een van hul eerstespan netbaldogters, Andrea Harms, tydens die geleentheid vir haarself ‘n plek in die o.19 Gazelle Netbalspan verseker.

“Andrea het puik balvaardighede ten toon gestel en ons is baie trots op haar vir die puik prestasie.

“Sy is beslis ‘n aanwins vir die Gazelle span,” vertel Magdie.

Behalwe vir Andrea, het Twané Vermaak ook puik gevaar en is in die o.16 Presidente Netbalspan opgeneem.

“Een van Jannas se hokkieafrigters, Niekie Barkhuizen het ook tydens die geleentheid ‘n ambassadeurstoekenning vir hokkie ontvang.

“Ons almal by Jannas wens hom ook geluk met sy prestasie,” vertel Magdie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button