
Twee van Hoërskool Riebeeckrand se leerlinge het gedurende die afgelope skoolvakansie aan die semi-finale van die ATKV Spel-a-thon deelgeneem en vir hulself ‘n plek in die finaal verseker.
Volgens die bemarker van Hoërkool Riebeeckrand, Rikus Kruger, het beide Dewald Naudé en Sasha-Lee Roestorff baie goed tydens die semi-finaal gevaar en gewys dat hulle spelvernuf beslis puik is.
“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die twee leerlinge en wens hulle sterkte toe met die finale rondte van die ATKV Spel-a-thon. Ons glo julle sal puik tydens die geleentheid vaar,” vertel Rikus.
Sasha-Lee en Dewald sal op 25 Julie aan die Midstream ATKV finaal deelneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.