Local newsNews

Wildevy manne skenk aan Vriendskapstuiste

Die manne van Wildevy maak hul harte en beursies vir Randfontein Vriendskapstuise oop.

Die Wildevy Manne, ‘n nie-winsgewende organisasie in Burgersfort samel fondse deur projekte soos die Wildevy 4×4 Gesinsdag in en gebruik dié fondse om instansies in hul tyd van nood te help.

Vanjaar het hulle die Randfontein Vriendskapstuiste as een van die instansies aan wie hulle hulp verleen geïdentifiseer.

Volgens die matrone van Randfontein Vriendskapstuiste, Elsa Erasmus, het die tehuis ‘n behoefte aan toerusting gehad wat dit vir die bejaardes makliker maak om die badkamer te gebruik.

“Die Wildevy Manne het R5 000 aan ons bewillig en met die hulp van Dischem Krugersdorp is die nodige toerusting in die hande gekry en aan ons by die tuiste oorhandig,” vertel Elsa.

Dischem Krugersdorp het self ook ‘n bydrae gemaak en skoonmaakprodukte by die skenking gevoeg.

“Ons is baie dankbaar vir die donasie en ek is seker elke bejaarde by Randfontein Vriendskapstuiste waardeer die toerusting opreg. Baie dankie aan die manne van Wildevy, julle het werklik ‘n groot verskil in ons inwoners se lewens gemaak,” vertel Elsa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button