Laerskool Rapportryer het onglangs ‘n verkiesing geloods, waartydens hul nuwe leerlingraad vir 2014 aangekondig is.
Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, sal dié groep leerlinge tydens die volgende skooljaar die leisels oorneem en hul medeleerlinge met respek, eerlikheid en behulpsaamheid bedien.
“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge en wens hulle alle sterkte toe vir die besige jaar wat vir hulle volgende jaar voorlê,” vertel Roleen.
Die seuns wat deel vorm van die 2014 leiers is Victor Basson, Ben Calitz, Dylan Coetzer, Ernest da Silva, Dihan du Plooy, Divan Du Toit, Bradley Engelbrecht, Heinrich Gericke, Dewald Harmse, Arlindo Korb, Reyner La Grange, Luke Myburgh, Janco Olivier, Erik Potgieter, Christo van Emmenis en Ryan Willmer.
Die dogters is Maryke Biggs, Minette Biggs, Kayla Du Buisson, Helga du Plessis, Monja Els, Amone Erasmus, Criske Hechter, Andrea Horn, Alicia Kotze, Sharne Landman, Goethe-Mare Olwagen, Chene Schneider, Nicole Stewart, Christe Steyn, Charvick van der Berg, Angelique van Niekerk, Janeske Venter en Erishe Visagie.
“Ons glo julle sal ons skool se naam hoog hou gedurende julle diensjaar en die bestuur van Laerskool Rapportryer sien uit daarna om die 2014 skooljaar saam met julle aan te pak,” vertel Roleen.



