NewsSchools

Rappies spog met Springbok Jukskeispeler

Laerskool Rapportryer is trots op hul eie Springbok Jukskeispeler.

Ju-hanie Wilken, ‘n leerling van Laerskool Rapportryer, het tydens die September skoolvakansie saam met die ander Springbok jukskeispelers na die Vrystaat, Kwa-Zulu Natal en Mpumalanga getoer en is onglangs in die Springbok Jukskeispan opgeneem.

Sy het baie goed in dié span gevaar en het hope planne vir die opkomende skoolvakansie.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, gaan Ju-hanie tydens die Desember skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kroonstad vir die Gauteng-Wesspan speel.

“Kort daarna gaan sy in Bloemfontein die Gauteng o.14 dogters span verteenwoordig,” vertel Roleen.

“Jukskei is haar passie en sy geniet elke oomblik van die sport. Ons wens haar sterkte toe met al die wedstryde gedurende die Desember skoolvakansie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button