Laerskool Randfontein se kleuterskool, Ramkriekies, poog om elke kleuter die beste algehele opvoeding te bied.
Dis nie altyd moontlik om die hele kleuterskool op ‘n uitstappie te neem nie, so daar word gereeld instappies vir die kleuters gereël, om die leerlinge steeds aan die wêreld bloot te stel.
Tydens die vierde kwartaal het Hartbeespoortdam se dieretuin en slangpark die kleuterskool besoek.
Al die Ramkriekie-kleuters was baie opgewonde om al die diere te sien.
Die dieretuin het ‘n wye verskeidenheid diere saamgebring en aan die kleuters gedemonsteer hoe om met hulle te werk en aan hulle te vat.
Daar was diere soos apies, slange, ‘n leeu en ‘n klein skilpad.
Een van die onderwysers by Ramkriekies kleuterskool, Monica le Roux, het die dag gereël en doen al vir die laaste ses jaar so, om ‘n liefde vir die natuur by die leerlinge te kweek.
Die kleuters het ‘n kans gekry om die leeu te vryf en saggies aan die slang te vat. Dit was vir elke leerling beslis ‘n belewenis wat hulle nie gou sal vergeet nie.



