Laerskool Randfontein het die akademiese jaar met ‘n heerlike pretdag en waterkaskenades op 22 November afgesluit.
Die pretdag is georganiseer deur van die onderwysers, Celeste van Zyl en Janie Fourie.
Die fondse wat op dié wyse ingesamel is, is ten bate van die netbalfonds en netbalkamp van 2014.
Volgens een van die organiseerders, Celeste, was daar ‘n paar oomblike van benoudheid toe dit gelyk het of die reën die pretdag in die wiele gaan ry, maar sy vertel dat hulle deurgedruk het met behulp van die positiewe gesindheid van al die personeel.
“Die leerlinge het pret gehad in die water en seep op al die springkastele.
“Die Ramkriekie-kleuterskool het hul eie baan gehad, sodat die groter kinders hulle nie seer maak nie,” vertel Celleste.
“Almal was papnat en het vinnig al die eksamenstress afgewas.
“Die feestelikheid is voortgesit met lekker musiek en dans op die rugbyveld.
“Boz sekuriteit het die musiek verskaf en gesorg vir ‘n lekker atmosfeer.”



