EntertainmentLifestyleLocal newsNews

DJ Ossewa vermaak die Randfontein gehoor

Met hul energieke verhoogsteenwoordigheid en lekker afrikaanse musiek, vermaak DJ Ossewa weer die Randfontein gehoor.

Een van Suid-Afrika se bekendste sanggroepe, DJ Ossewa, het op 15 Desember tydens hul optrede by Droogeheuwel Venue die skare met hul energieke Afrikaanse treffers vermaak.

Die geleentheid is deur talle randfontein inwoners bygewoon en was ‘n groot sukses.

DJ Ossewa het weer gewys hoekom hulle een van Suid-Afrika se top sanggroepe is.

Die groep het sy ontstaan op die plaas Ossewasrus, sowat 7 jaar gelede, gehad.

Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie afrikaners is, en met die naam en idee voorendag gekom het.

Die groep bestaan uit drie lede.

Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies, Jerbes die Leeuboer.

DJ Ossewa het oorspronklik uit vier lede bestaan, maar moes ongelukkig afskeid neem van hul broer en geliefste lid, Raapie Knapie, wat in 2010 in ‘n motorongeluk oorlede is.

Sedert DJ Ossewa se ontstaan, het hulle verskeie groot treffers gehad en die Randfontein-gehoor kon dié treffers soos, Hey Mamma, Vrystaat Mambo, Stukkie van der Merwe en Gee my ‘n Stukkie tydens die optrede hoor.

Elkeen teenwoordig het die optrede terdeë geniet en lekker saam met vriende en familie gekuier.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button