Geniet ‘n aand saam met David Fourie
Die immergewilde Afrikaanse sanger, David Fourie sal op 7 Februarie by die Hervormde Kerk, Sionspoort optree.
Die immergewilde Afrikaanse sanger, David Fourie sal op 7 Februarie om 7nm by die Hervormde Kerk, Sionspoort optree.
Volgens een van die organiseerders van die geleentheid, Bessie van der Walt, sal dié optrede ten bate van Randpoorttuiste wees.
“Ons is baie opgewonde om David Fourie se optrede met die gemeenskap te deel en daarom doen ons ‘n beroep op die gemeenskap om die geleentheid by te woon,” vertel Bessie.
David Fourie is al reeds vir jare ‘n groot naam in die Afrikaanse musiekbedryf en het al groot opslae gemaak met treffers soos ‘Grotman’, ‘Hou my vas, stywer vas’ en ‘Kaboemmielies’
Diegene wat vir David Fourie in lewende lywe op die verhoog wil sien kan nou hul kaartjies teen R50 per person en R20 per kind onder die ouderdom van 12-jaar aankoop.
“Die geleentheid sal in die Hervormde Kerk se kerksaal plaasvind en daar sal ook allerhande lekker verversings by die geleentheid te koop wees,” vertel Bessie.
“So kom geniet die aand saam met ons en help die Randpoorttuiste om ‘n sukses van die geleentheid te maak.”
Die organiseerders van die geleentheid bedank ook almal in die gemeenskap wat donasies vir die projek gegee het.
Vir kaartjiebesprekings, skakel gerus vir Bessie by 082 461 0419 of vir Trinnie Venter by 079 162 8537.



