Hoërskool Riebeeckrand spog vanjaar met ses nuwe onderwysers in hul midde en sien uit om die nuwe jaar saam met die groep onderwysers aan te pak.
Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, is dit vir die bestuur van Hoërskool Riebeeckrand ‘n groot voorreg om weer vanjaar nuwe personeel by die skool te verwelkom.
“Ons sien baie uit na die jaar wat voorlê, en glo dat ons nuwe personeel sommer vinnig by die skool sal welkom voel en by ons leerlinge en hul belange betrokke sal raak,” vertel Rickus.
Die nuwe onderwysers by Hoërskool Riebeeckrand is Tayron Dempsey, Chané Mienie, Frik van den Berg, Alette Steyn, Lindie Hayman en Weley Barnard.
Volgens Rickus, sal Tayron in die Wiskunde afdeling van die skool werksaam wees, terwyl Chané Afrikaanse onderrig sal toepas.
Verder sal Frik Lewensorientering aanbied en Alette Engels.
“Lindie sal ons skool se leerlinge met Ekonomie en Besigheidstudie onderrig help en Wesley sal direk by die skool se sport en dissipline betrokke wees,” vertel Rickus.
“Ons wens elkeen van die onderwysers net sukses by Riebeeckrand toe en kan nie wag om saam met elkeen van hulle ‘n pad te stap nie,” vertel Rickus ten slotte.



